Mudge bekommerd oor Verdrag vir die Toekoms

Die Verdrag vir die Toekoms, wat op 22 September deur die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering aanvaar is, doen ‘n beroep op staats- en regeringshoofde om 56 konkrete stappe te neem om die belange en behoeftes van huidige en toekomstige geslagte te beskerm. Henk Mudge, die president van die Republikeinse Party, sal ‘n perskonferensie hou oor Namibië se ondertekening van die ooreenkoms. Kosmos 94.1 Nuus het met Mudge gepraat.