Landboukenner reageer op Meatco se beespryse

Die Meatco-beesleweringsooreenkoms met produsente vir die tydperk van 1 Oktober tot 31 Januarie volgende jaar bevat goeie pryse vir beeste. Die bepalings en voorwaardes vir beesslagting vereis ‘n minimum koue karkasgewig van 180 kg, voldoening aan EU- en China-regulasies, en betaling vier weke na slagting. Kosmos 94.1 Nuus het met die landboukenner Wallie Roux gesels, wat sy siening gee.