Top Score se kitspap eers van rakke verwyder na 3 kinders sterf

Namib Mills het alle Top Score Kitspap tydelik aan die mark onttrek terwyl ’n ondersoek gedoen word. Dit is volgens ‘n verklaring ‘n voorsorgmaatreël nadat drie kinders gesterf het na hulle na bewering een van sy kitspapprodukte in Suid-Afrika se Oos-Kaap-provinsie geëet het. Namib Mills het “diepe hartseer” hieroor uitgespreek. Marné Bouwer, Namib Mills se senior handelsmerkbestuurder, beklemtoon dat daar geen bewyse is wat hul produk met die voorval verbind nie, maar die maatskappy neem die saak ernstig op. Namib Mills sal deurlopende opdaterings deur sy sosiale media-kanale en webwerf verskaf om die publiek op hoogte te hou.