Minstens 6 sterf in Somalië-ontploffings

Minstens ses mense is dood en 10 beseer deur bomontploffings in Somalië se hoofstad Mogadisjoe en ‘n ander dorp. Dit was nie onmiddellik duidelik wie die aanvalle uitgevoer het nie, hoewel die Islamitiese militante groep al-Shabaab gereeld bomaanvalle orkestreer. In Mogadishu het ‘n bom wat in ‘n geparkeerde motor versteek was naby die Nasionale Teater ontplof, sowat ‘n kilometer vanaf die president se kantoor. Vyf mense is in die ontploffing dood en sewe beseer. In die ander voorval het ‘n bom wat in ‘n veemark in Jowhar-stad geplant was, een persoon doodgemaak en drie ander beseer.