Geen krag in Otjiwarongo-area tot 6nm

Cenored het ‘n kragonderbreking in die Otjiwarongo-area tussen 7-uur vanoggend en 6-uur vanaand aangekondig, weens jaarlikse lynonderhoud op die Otjiwarongo Matemba 66kV-lyn. Die gebiede wat geraak word sluit in die hele dorp, militêre basis, Goodhope-erwe, Staatshospitaal, nywerheidsgebied, padblokkade-area, en alle skole en koshuise. Die MTC en Telecom torings het ook nie krag nie. Inwoners moet hul kragtoevoer as lewendig hanteer, aangesien die krag sonder enige kennisgewing aangeskakel sal word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Chali Matengu, Cenored se skakelbeampte.