Nuwe Chinese kernduikboot sink in dok
China se pogings om maritieme militêre gelykheid met Amerika te bereik het ‘n ernstige knou gekry nadat sy nuutste kernduikboot in ‘n dok gesink het, het Amerikaanse amptenare bevestig. Die voorval het in Mei of Junie by die Wuchang-skeepswerf naby Wuhan plaasgevind en in satellietbeelde aan die lig gekom, ondanks pogings deur die land se kommunistiese owerhede om dit geheim te hou. ‘n Amerikaanse verdedigingsbeampte het aan Reuters gesê dat die Zhou-klas-vaartuig vermoedelik langs ‘n pier was toe dit gesink het. Dit is nie bekend of daar enige ongevalle was en of die duikboot enige kernbrandstof aan boord gehad het nie, hoewel kenners dit volgens die Wall Street Journal as waarskynlik ag. Die duikboot is herwin, maar dit sal baie maande neem voordat bruikbaar sal wees.