US$800m bewillig vir M-pokke
Meer as 800 miljoen Amerikaanse dollar is aan die Afrika-sentrums vir siektebeheer en -voorkoming belowe vir sy stryd teen ‘n stygende M-pokke-uitbreking op die vasteland. Die sentrum het gemik vir 600 miljoen dollar. Die vasteland het tot dusver vanjaar meer as 32 000 vermeende gevalle van M-pokke aangeteken, insluitend 840 sterftes. Die uitbreking het in die Demokratiese Republiek van die Kongo begin met ‘n nuwe variant van die siekte wat daar ontwikkel het.