Johnson & Johnson se COVID-19-enstof werk goed volgens SA Mediese Navorsingsraad

Die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad sê die Johnson & Johnson se COVID-19-entstof werk goed in Suid-Afrika. Professor Glenda Gray, uitvoerende hoof van SAMNR, sê die entstof bied 91 persent tot 96-komma-twee persent beskerming teen die dood. Sy het bygevoeg dat dit 67 persent doeltreffendheid bied teen infeksie wanneer die Beta -koronavirus -variant oorheers en ongeveer 71 persent wanneer die Delta -variant oorheers.