Guterres waarsku dat Libanon ‘n tweede Gaza kan word

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het aan wêreldleiers gesê dat Libanon op die punt staan om ‘n tweede Gaza te word, en bygevoeg dat die krisis “‘n onophoudelike nagmerrie geword het wat dreig om die hele streek te verswelg”. Hy het die waarskuwing gerig terwyl diplomate wat in New York is vir die VN se algemene vergadering sukkel om ‘n wapenstilstand in Libanon in te stel en om ‘n moontlike grondinval deur Israel te verhoed. Die Libanese premier, Najib Mikati, het na New York gevlieg om vertoë aan Amerika te rig om Israel te beveel om sy bombardement te beëindig, terwyl Frankryk, met ondersteuning van Egipte en Jordanië, ‘n noodvergadering van die VN-veiligheidsraad gevra het.