LPM reageer op Swapo se kos gooiery, Swapo steeds doodstil

Reaksie word steeds ontvang oor die video op sosiale media wat wys hoe Swapo lede kos gooi na ‘n skare in Walvisbaai. Plaaslike media berig dat Swapo-lede so ver gegaan het om die bewerings te ontken, ten spyte van die bewyse. Intussen het die IPC se president, Dr. Panduleni Itula, ‘n verklaring uitgereik waarin hy sê dat die skare onmenslik behandel is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Lifalaza Simataa, die woordvoerder van die Landless People’s Movement, wat sê dit illustreer wat Swapo-leiers van kiesers dink.