Greta Thunberg, prins William op Climate 100-lys

The Independent het sy eerste Climate 100-lys gepubliseer, wat aktiviste, wetenskaplikes, akademici, filantrope, mode-entrepreneurs en leiers op politieke-, sake, en tegniese gebied insluit. Mense op die lys het oplossings uitgedink soos waterstofbewaring, plastiekverterende bakterieë en ‘n rewolusionêre metode om tekstiel te kleur sonder skadelike chemikalieë. Hulle sluit in prins William, wat aan die hoof staan van die Prins van Wallis-vlagskip-inisiatief, die Earthshot-prys, die omgewingsaktivis Greta Thunberg, die Keniaans-Amerikaanse aktivis Wawa Gatheru en die mede-stigter van Black Girl Environmentalist en Polluters Out, Ayisha Siddiqa.