Bokke het baie werk voor Saterdag: Rassie

Rugby: Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, sê hulle moet baie werk doen voor Saterdag se beslissende Rugbykampioenskap-wedstryd teen Argentinië in Mbombela. Die Pumas het Suid-Afrika die naweek in Santiago del Estero met 29-28 geklop om hul hoop op ʼn heel eerste Rugbykampioenskapstitel, lewend te hou. Spelers wat tydens die Argentinië-afdeling van die toernooi ʼn blaaskans gevat het, sluit vandag weer by die groep aan om die volle oefenprogram te hervat. Erasmus sê hulle kan komende Saterdag vir hierdie naweek se nederlaag vergoed.