Ipinge verlaat AR, sluit weer by Swapo aan

Die voormalige Walvisbaai raadslid vir die stedelike kiesafdeling, Knowledge Ipinge, het by ‘n Swapo-saamtrek op die kusdorp aangekondig hy verlaat die Affirmative Repositioning-beweging en sluit weer by die party aan. Ipinge is ‘n bekende stem op Kosmos 94.1 Nuus as jeug aktivis. Die beweging het die stap as verraad beskryf en sê Ipinge is by hom as streeksvoorsitter vir Erongo aangeste. In ‘n verklaring sê hy ook dat Ipinge in vergaderings was waar konfidensiële strategie bespreek is.