Emirate klop Richelieu Eagles met 1 paaltjie

Die Verenigde Arabiese Emirate het die Richelieu Eagles met 1 paaltjie geklop met nog drie balle oor in die IKR Wêreldbeker-liga twee driehoekige reeks. Namibië het 313 lopies aangeteken in hul 50 kolfbeurte, met Michael van Lingen wat 107 in 85 balle aangeteken het. JP Kotze het 64 lopies gekry en Jan Nicol Loftie-Eaton 54. Die Emirate het 316 lopies vir 9 aangeteken. Bernard Scholtz het 2 paaltjies laat kantel vir 39 lopies in 10 boulbeurte, en Loftie-Eaton het 4 paaltjies gevat vir 79 lopies. Die Eagles durf volgende die VSA aan, om half-tien Sondag-oggend.