Aanvalle op Hezbollah sal voortgaan – IDF

Die Israelse Weermag sê hy is besig om Hezbollah se infrastruktuur en vermoë om terrorisme te pleeg, in Libanon te verswak. Meer as 30 mense is vroeër die week in Libanon dood toe roepradio’s en tweerigtingradio’s wat aan lede van die groep behoort, ontplof het. Israel het lugaanvalle in die suide van Libanon uitgevoer. Die weermag sê Hezbollah het dekades lank huishoudings bewapen, tonnels gegrawe en burgerlikes as menslike skilde gebruik om die suide van Libanon in ʼn oorlogsone te omskep. Hy voeg by militêre optrede sal voortgaan.