Russiese aanvalle kan 500 000 ontwortel 

Die Verenigde Nasies se Menseregte-moniteringsending in Oekraïne waarsku dat herhaalde Russiese aanvalle op die energie-infrastruktuur en kragonderbrekings nog 500 000 mense sal ontwortel. Tussen Maart en Augustus vanjaar is nege reekse langafstand- en grootskaalse gekoördineerde aanvalle op Kiëf se elektriese kragstelsel uitgevoer. Die VN sê die militêre veldtog om Oekraïne se burgerlike elektrisiteit-, hittevoorsiening- en transmissie-infrastruktuur te beskadig of te vernietig, skend die basiese beginsels van internasionale humanitêre reg.