Lelike bewerings oor korrupsie in Fidji se rugbykringe
Die kaptein van Fijdi Waisea Nayacalevu het onthul die kwarteindstryd van die 2023 Rugby Wêreldbeker tussen sy span en Engeland in Frankryk is ure voor die afskop byna afgestel. Hy beweer korrupsie in die land se beheerligaam was die kern van die probleem. In ‘n onderhoud met die Daily Mail in Brittanje sê Nayacalevu die spelers is ook bonusse beloof wat nooit betaal is nie. Hy speel tans vir die Engelse Premierskapsklub Sale Sharks, maar die 34-jarige sê sy droom is om terug te keer huis toe om die stelsel te help regruk.