Nasionale presisie-skietspan blink uit by Wêreldkampioenskap

Die nasionale skietspan van die Namibië Presisiegeweervereniging, Napra, neem aan die Presisiegeweer Wêreldkampioenskap deel in Colorado in Amerika. Die kompetisie eindig môre. Span Namibië bestaan ​​uit Dirk Sauber, Michael Barlow, Janus van der Merwe, Keiran Mans, Liebies Liebenberg en Francois Marais. Hulle neem almal in die Ope-afdeling deel. By die vorige wêreldkampioenskap twee jaar gelede in Frankryk het Namibië algeheel sewende geëindig, met Dirk Sauber wat individueel die sewende plek behaal het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Zandré Duvenhage, ‘n mede-skut, wat sê Namibië vaar baie goed.