Creecy vra vir oudit van rybewys-verkrygingsproses
Die minister van Vervoer Barbara Creecy het die ouditeur-generaal gevra om die oudit van die nuwe rybewyskaart-verkrygingsproses te versnel en uit te brei. Die hersiening sal nou ook kyk of die verkrygingskettingreëls gevolg is, of databeskermingsmaatreëls voldoende is en die uitwerking van die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika se onlangse kansellering van ‘n kontrak met die Franse maatskappy IDEMIA. Collen Msibi van die departement sê die versoek is gemik op die hantering van vertragings met lisensiekaart-aansoeke en kwessies met die huidige drukstelsel: