Niks reën val nie en damme sak al laer

Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is daar 14,2 persent waterbronne in die drie sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien oor. Von Bach is op 12,2 persent na water van Swakoppoort, wat op 25,4 persent staan, oorgedra is. Omatako is dolleeg. In die Suide is Hardap op 8,7 persent met 624 000 kubieke meter wat die afgelope week benut is vir die groenskema. Naute by Keetmanshoop is op 40,6 persent en die Oanobdam by Rehoboth het 37,4 persent water. Die Ooste se totale bronne is op 1,8 persent met die Otjiverodam op 2,7 persent. Die twee Viljoendamme by Gobabis is op 3,1 en 0,7 persent. In die Noorde staan die Olushandjadam op 46,7 persent.