Afghanistan se nuwe wetgewing wis vroue se teenwoordigheid in publiek l uit

Die Verenigde Nasies se Menseregte-agentskap doen ʼn beroep op Afghanistan se Taliban-heersers om onmiddellik die nuwe wet oor die Bevordering van Deug en die Voorkoming van Ondeug terug te trek. Die wetgewing skryf reëls voor vir die alledaagse lewe en plaas nog beperkings op die lewens van vroue. ʼn VN-woordvoerder, Ravina Shamdasani, sê die wetgewing bevestig beleide wat vroue se teenwoordigheid in die openbaar uitwis, hulle stemme stilmaak en hulle outonomie ontneem.