Mense, veral mans, ‘moet praat en nie selfmoord pleeg’
Selfmoord in die land is ‘n voortslepende probleem en wek groot kommer, aangesien dit geestesgesondheid-kwessies uitlig. Tussen Januarie 2020 en Junie 2021 het Namibië 745 selfmoorde aangemeld terwyl 1 172 mense selfmoord gepoog het. Die gesondheidsministerie het 679 selfmoorde aangemeld, waaronder 29 kinders, 18 seuns en 11 meisies. Oor die langnaweek het vyf mans en ‘n vrou selfmoord gepleeg deur hulself te hang. Hulle was almal tussen 21 en 40 jaar oud. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met hoofinspekteur Elifas Kuwinga, van NamPol se openbare betrekkinge-subdivisie, wat sê veral mans moet oor hul uitdagings praat.