Vervoerminister vies oor aanhoudende vlugvertragings
Die minister van Vervoer Barbara Creecy moedig lugvaartowerhede aan om op te tree teen voortgesette vlugvertragings. Op ‘n onlangse vergadering met Lugverkeersdienste, die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika, en die Burgerlike Lugvaartowerheid het Creecy gevra vir ‘n volledige plan met ‘n begroting teen voortgesette vlugvertragings, terwyl veiligheid gewaarborg word. Die plan moet binne twee weke ingedien word. Collen Msibi van die departement het reisigers om verskoning gevra en die versekering gegee pogings word aangewend om die vertragings op te los.