Seuntjie breek 3 500-jaar-oue kruik in museum

‘n 3 500-jaar-oue kruik is per ongeluk deur ‘n vierjarige seun in stukke gebreek tydens ‘n besoek aan die Hecht-museum in Haifa, Israel. Die kruik dateer uit die Bronstydperk tussen 2200 en 1500 voor Christus en was ‘n seldsame ongeskonde artefak. Dit was nie agter glas nie naby die ingang van die museum uitgestal, aangesien die museum glo daar is “besondere sjarme” daarin om argeologiese vondste “sonder obstruksies” te wys. Die seun se pa, Alex, sê sy seun het “die kruik effens getrek” omdat hy “nuuskierig was oor wat binne was”, wat dit laat val en breek het. Lihi Laszlo van die museum aan die BBC gesê dit was ‘n ongeluk en die kind is saam met sy gesin teruggenooi vir ‘n georganiseerde toer. ’n Bewaring-spesialis is aangestel om die kruik te restoureer.