Verkiesingskommissie toets registrasiestelsel
Die Verkiesingskommissie sal op 30 en 31 Augustus 2024 ‘n skynkieser verifikasie-oefening uitvoer om die opgegradeerde en geïntegreerde mobiele kiesersregistrasiestelsel te toets. Hierdie oefening is ontwerp om die funksionaliteit en bruikbaarheid van die kieserverifikasiemodule te toets, voor die presidensiële en Nasionale Vergadering verkiesings van 27 November. Die verbeterde stelsel het ten doel om die doeltreffendheid en sekuriteit van die kieser verifikasieproses te verbeter. Namibiese burgers wat tydens die 2024 Algemene Registrasie van Kiesers geregistreer het, word genooi om deel te neem. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Verkiesingskommissie van Namibië, De Wet Siluka, gepraat oor die belangrikheid van hierdie oefening.