Vaartuig bestem vir Israel in Namibiese waters gestop
Namibië het standpunt ingeneem teen die voortslepende Israeliese oorlog in Gaza, en het ‘n vaartuig met wapens wat vir Israel bestem is, verhinder om Namibiese waters binne te kom. Justisieminister Yvonne Dausab het die beroep gedoen aan die betrokke owerhede, insluitend die Namibiese Hawe-owerheid, om nie die vaartuig MV Kathrin toe te laat om Namibiese waters binne te kom nie. Volgens plaaslike media sê Dausab die besluit strook met Namibië se internasionale verpligtinge, nie net kragtens die Volksmoordkonvensie nie, maar ook soos verwoord in ‘n onlangse adviserende mening deur die Internasionale Hof van Justisie. Volgens die hof voer Israel tans ‘n volksmoord uit teen die Palestynse volk in Gaza.