Strafbare manslag wag vir voortvlugtige in Erongo-streek
Die Erongo-polisie het ‘n strafbare manslag saak in Walvisbaai geopen nadat ‘n roekelose bestuurder ‘n fietsryer raakgery het en van die toneel gevlug het. Die verdagte word aangekla vir roekelose bestuur, die versuim om vas te stel watter beserings die slagoffer by die ongeluk opgedoen het en van ‘n ongelukstoneel af gevlug. Die fietsryer is in die hospitaal dood en die verdagte is steeds nie vasgetrek nie. Die polisie ondersoek duur voort.