N$24 miljoen tenders vir skoolmeubels oor 3 jaar
Die onderwysministerie het tenders vir die verskaffing van skoolmeubels oor ‘n periode van drie jaar aan nege maatskappye, uit 28 bieërs, toegeken. Die beraamde waarde van die tenders beloop 24 miljoen Namibiese dollar. Die Tender Bulletin berig dat oudergewoonte, is daar net ‘n handvol maatskappye wat in meubels spesialiseer en talle sogenaamde “Trading” of “Investments” maatskappye wat ook in die toekennings deel. Lessenaars vir leerders onderwysers, sowel as stoele, boekrakke, laboratorium-toerusting en koshuis beddens en kaste is onder die vier groeperings in die tenders.