SA silwermedalje-wenner Bradley Nkoana by Onder-20-kampioenskap

Atletiek: Bradley Nkoana van Suid-Afrika maak vandag sy buiging in die 100-meteruitdunne by Wêreldatletiek se Onder-20-kampioenskappe in Lima, Peru. Hy was ‘n lid van Suid-Afrika se span wat vroeër die maand ‘n silwermedalje in die vier-maal-100-meter by die Olimpiese Spele in Parys verower het. Sowat een-duisend-700 atlete van meer as 130 spanne neem aan die kompetisie oor die volgende vyf dae deel. Nkoana sê dit was baie spesiaal om ‘n medalje in Parys te kon wen.