Proteas speel vir trots in derde T20 teen Windies

Krieket: Net trots is op die spel vir die Proteas in die laaste T20 teen die Windies in Tarouba. Die gashere het reeds die reeks beklink nadat hulle die eerste twee kragmetings gewen het. Hulle het Suid-Afrika in die eerste wedstryd met sewe paaltjies verslaan en met 30 lopies in die tweede. Die Proteas keer nou terug na Suid-Afrika om voor te berei vir ‘n propvol somer met reekse teen Afghanistan, Ierland en Sri Lanka, voor hulle Pakistan aandurf in drie T20s, drie eendagwedstryde en twee toetse.