PDM handel kongres af, leierskap onveranderd
Die PDM het sy kongres in Katima Mulilo afgesluit. Die top-struktuur van die party is onveranderd. Jennifer van den Heever bly visepresident, Ricky Vries bly as nasionale voorsitter, Manuel Ngaringombe bly aan as sekretaris-generaal, Linus Tobias beklee die adjunk-sekretaris-generaal en Nico Smit behou sy pos as nasionale tesourier. Die party se manifes is ook bekend gemaak. Partyleier McHenry Venaani het die lede toegespreek.