Vermiste vragmotor gevind, bestuurder geskiet

‘n Saak van moord, gewapende roof en regsverydeling is deur die Kavango-Wes-polisie geregistreer na ‘n 38-jarige man gevind is met ‘n vermiste vragmotor en 3 000 Namibiese dollar in kontant. Die saak hou verband met ‘n vervoermaatskappy wat sy vragmotor as vermis in die Zambezi-streek aangegee het. Die maatskappy het vis na die streek vervoer. Owerhede het die vragmotor onderskep. Bloed en koeëlgate is in die vragmotor gevind. Die 52-jarige bestuurder Gotz Nguaripo is dood in die veld aangetref. Die wapen is ook gevind en word deur die verdagte besit. Vis is uit die vragmotor gesteel maar die waarde moet nog bepaal word. Die verdagte is bekend aan die polisie en het in Rundu ‘n saak van die diefstal van meer as 930 sakke mieliemeel.