Debat oor Eskom se verhoging volgende week in NV
Die speaker in die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, sê die debat oor Eskom se voorgestelde verhoging van die elektrisiteitsprys wat by die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika ingedien is, sal op 3 September plaasvind. Die DA het die dringende debat aangevra. Kevin Mileham van dié party sê hulle moet bespreek of dit wettig is vir Eskom om ʼn 4 persent styging te hef wat hy volgende jaar deur sy gereguleerde verrekeningsrekening wil verhaal.