Uitspattige besteding vir Heldedag terwyl 2 000 Namibiërs aan honger sterf

Môre se Heldedag-herdenkings is weereens gekenmerk deur uitspattige besteding met meer as 12 tenders wat deur verskeie ministeries en die kantoor van die eerste minister uitgesit is. Daar is tenders vir 15 000 middagetes sowel as 1 500 kosblikke, 5 000 Namibiese vlaggies, 250 pette en T-hemde. Ses osse sal geslag word vir die geleentheid. Die hoof herdenking vind op Omuthiya plaas met Ohangwena wat oudergewoonte sy eie Heldedag-vieringe in sewe nedersettings in die streek, ook met kos en koeldrank, sal herdenk. Die vieringe in die Noorde kom terwyl die wanvoedingsyfers die nuus oorheers met meer as 2 000 mense wat aan honger in Namibië dood is.