Doyen van Afrikaanse kortverhaalkuns sterf

Huldeblyke stroom in vir die doyen van die Afrikaanse kortverhaalkuns en letterkundige, Abraham de Vries, wat Vrydag in die ouderdom van 87 oorlede is. De Vries, wat meer as 20 kortverhaalbundels uitgegee het, was ‘n buitengewone professor aan die Universiteit van die Wes-Kaap waar hy Nederlandse letterkunde doseer het. ‘n Dosent by UWK Steward van Wyk sê De Vries het eiehandig die Afrikaanse kortverhaal vernuwe, ook binne die strominge in die wêreldliteratuur. Hy word oorleef deur sy vrou, Hannie, en drie kinders Andries, Willem and Anneke.