Aussie transgendervrou wen diskriminasiesaak

‘n Transgendervrou in Australië het ‘n diskriminasiesaak gewen teen ‘n sosiale media-toepassing, nadat sy toegang geweier is op grond daarvan dat sy manlik is. Die hof het bevind hoewel daar nie direk gediskrimineer is teen Roxanne Tickle nie, is sy ‘n slagoffer van indirekte diskriminasie. Die toepassing is beveel om haar 120 000 Namibiese dollar, plus koste, te betaal. Die toepassing word bemark as ‘n aanlyntoevlugsoord slegs vir vroue, om hulle ondervindings in ‘n veilige ruimte te deel. Dit is die eerste hofsaak oor beweerde identiteitsdiskriminasie in Australië.