Harris vra vir einde aan Gaza-oorlog

Die Amerikaanse adjunk-president, Kamala Harris, het beloof om op te staan vir Israel se reg om homself te verdedig, maar voeg by die bloedbad in Gaza is vernietigend. Sy het die Demokratiese Party se benoeming as presidentskandidaat op die laaste aand van die party se konvensie in Chicago aanvaar. Die oorlog in die Midde-Ooste was die hooffokus van protesoptrede buite die Demokrate se konvensie die afgelope week. Harris sê dit het nou tyd geword om ‘n skietstakings- en gyselaarsuitruilooreenkoms te sluit: