Nust ondersoek deifstal van N$2,3m van studentegeld
Die Engelse dagblad The Namibian berig dat Nust ‘n ondersoek van stapel gestuur het na vermeende bedrog van 2,3 miljoen Namibiese dollar wat veroorsaak het dat sommige studente hulle studies moes staak. Rondom 200 studente word geraak deur die diefstal. Die beampte het blykbaar studente bygestaan om studente se fooie te betaal maar het blykbaar die fondse weer herlei na haar eie rekening toe. Die instansie wou nie kommentaar lewer nie en sê die interne ondersoek moet eers voltooi word.