Swapo blyk om bang te wees vir kongres-hofsaak

Swapo het by ‘n perskonferensie hom by monde van prokureur Sisa Namandje uitgespreek oor die hofsaak waarin vyf lede die party hof toe vat oor die spesiale kongres wat nie gehou is na Hage Geingob se dood nie. Namandje het onder andere gesê die saak het niks te doen met die wettigheid van Netumbo Nandi-Ndaitwah as presidensiële kandidaat nie. Hy het ook gesê die party lag vir die lede en sy beantwoordende verklarings, wat teen 30 Augustus ingedien moet word, sal die lede se saak vernietig. Reaksie is ontvang van prokureur Richard Metcalfe, van Metcalfe Beukes Prokureurs, wat die vyf lede verteenwoordig.