Sekuriteitsvereniging erg bekommerd oor minimumlone

Die minimumlone wat in die Staatskoerant gepubliseer is veroorsaak groot kommer in verskeie sektore, waaronder die sekuriteitsbedryf. Van die groter maatskappye sê dat hul loon-uitgawes volgende jaar met tussen 60 en 70 persent sal toeneem, as hulle die nuwe minimumloon implementeer. Die Sekuriteitsvereniging van Namibië het met werkersvakbonde vergader en hou ook vanmiddag ‘n vergadering. ‘n Persverklaring sal uitgereik word wat hul posisie sal uiteensit.