Wia Gold ontdek nuwe goudneerslae by Kokoseb-projek

Die Australiese goud-eksplorasiemaatskappy Wia Gold sê boorwerk by sy Kokoseb-goudprojek het bestaande goudsones bevestig, hoëgraadse mineralisasie op diepte ontdek en ‘n nuwe gemineraliseerde gebied in die oostelike sone geïdentifiseer. Wia se uitvoerende voorsitter, Josef El-Raghy, sê boorwerk het 22,2 meter teen 2,54 gram per ton goud, 20,9 meter teen 1,53 gram per ton goud en 7 meter teen 1,29 gram per ton goud in die nuut ontdekte Oostelike sone gekry. Kokoseb lê in die Okombahe-eksplorasielisensie, wat onder ‘n gesamentlike onderneming (Wia 80%) met die staatsbeheerde Epangelo gehou word. Wia het ‘n 80 persent belang en Epangolo 20 persent.