Montana wil ook hê Amerikaners moet oor absorsie stem in November

Montana is die agste Amerikaanse staat wat aborsieregte op die November-stembrief voeg sodat kiesers self kan besluit of hulle ‘n grondwetlike verandering steun om toegang tot die prosedure te beskerm. Vir Demokrate is aborsieregte ‘n sleutelkwessie in die verkiesing sedert die landwye reg tot die prosedure in 2022 deur die grootliks konserwatiewe Amerikaanse Hooggeregshof geskrap is. Die inisiatief sal die regering verhinder om pasiënte te straf, asook gesondheidsorgwerkers of enigeen wat hulp verleen aan persone wat hulle reg uitoefen om besluite oor hulle swangerskap te neem of uit te voer.