Wyle Avicii se persoonlike items word verkoop om fondse in te samel vir sy geestesgesondheidsorganisasie
Avicii se persoonlike besittings gaan op veiling om fondse in te samel vir die ontslape DJ se liefdadigheid.
Die Tim Bergling-stigting is gestig ter nagedagtenis aan die ontslape dansmusiekster wat net 28 was toe hy sy eie lewe geneem het tydens ‘n vakansie in Oman in 2018. Twee-honderd-ses-en-sestig items word verkoop en die geld sal gaan aan sy nie-winsgewende organisasie.
Die Avicii Collection-verkoping sal op 1 Oktober om 15:00 in Stockholm plaasvind, met die opsie om aanlyn te bie.
Op die eerste herdenking van sy afsterwe het sy familie The Tim Bergling Foundation gestig om diegene te ondersteun wat met geestesongesteldheid sukkel en ook om die voorkoming van selfmoord te ondersteun.
Sy familie het in ‘n verklaring gesê: “Tim wou ‘n verskil maak. Om ‘n stigting in sy naam te begin is ons manier om sy nagedagtenis te eer en voort te gaan om in sy gees op te tree”.
Aan die einde van April 2018 het Avicii se familie ’n verklaring uitgereik wat bevestig het dat die ster sy eie lewe geneem het.
Foto verskaf.