Pukke weer onder beste 7 in SA

Die Noordwes Universiteit is weer onder die sewe beste universiteite in Suid-Afrika op die 2024-ranglys van die Shanghai-ranglysmaatskappy vir universiteite wêreldwyd. Die instelling sê hy is in die kategorie van 601 tot 700 internasionaal, wat ‘n prestasie is omdat slegs die beste duisend universiteite uit meer as 2 500 jaarliks beoordeel word. Die instellings word aan ses objektiewe aanwysers gemeet, insluitend die aantal alumni wat ‘n Nobelpryse of Fields-medalje ontvang het.