Wanvoeding: 800 dood, 30 200 gevalle in twee jaar
Ongeveer 800 mense het sedert 2022 aan wanvoeding gesterf in die Omaheke-streek. Daar is ook 30 219 gevalle van wanvoeding in dieselfde tydperk aangeteken. Die goewerneur Pijoo Nganate, sê tydens die 2022/2023 finansiële jaar, daar 14 774 nuwe gevalle van wanvoeding aangeteken is met 554 sterftes in daardie tyd. Verlede maand het die kantoor van die eerste minister aangekondig dat 1,4 miljoen mense voedselonseker is met amper 2 000 gevalle van wanvoeding wat aangemeld is.