Voor-vonnisverrigtinge in Dippenaar-saak begin

Die voor-vonnisverrigtinge begin vandag in Swakopmund se streekhof vir Jandre Dippenaar wat op 20 Junie deur landdros Gaynor Polton skuldig bevind is op ses aanklagte van moord na ‘n grusame motorongeluk tien jaar gelede. Dippenaar het nie ‘n geldige rybewys gehad nie, toe hy trompop gebots het teen die Joschko-familie se voertuig naby Hentiesbaai in Desember 2014. Ses mense is dood en net Dippenaar en Antonia Joschko het die ongeluk oorleef. Dit is die eerste keer dat iemand in Namibië skuldig bevind word aan moord na ‘n motorongeluk.