Swifties die herrie in vir Trump

Die voormalige president Donald Trump het aanhangers van Taylor Swift die herrie in nadat hy ‘n reeks foto’s op sy Truth Social-rekening geplaas het wat klaarblyklik toon dat Swift hom in die 2024-verkiesing steun. Verskeie foto’s is duidelik deur kunsmatige intelligensie geskep, waaronder een van Swift met ‘n Uncle Sam-uitrusting langs die slagspreuk “Taylor wants you to vote for Donald Trump”, sowel as foto’s van haar ondersteuners in “Swifties for Trump”-t-hemde. Swift het tot dusver nog nie een van die twee presidensiële kandidate onderskryf nie, maar het vroeër die Biden-Harris-veldtog gesteun. Swifties sê nou sy moet haar regspan laat reageer.