Swede bevestig een M-pokke-geval

Swede het sy eerste geval van M-pokke bevestig wat ook die eerste geval buite Afrika is. Dit volg nadat die Wêreldgesondheidsorganisasie M-pokke die tweede keer in twee jaar as wêreldwye gesondheidsnoodgeval verklaar het. Die persoon van Swede het besmet geraak tydens ʼn besoek aan ʼn gebied in Afrika waar ʼn groot uitbreking van die virus voorkom. Meer as 14 000 gevalle en 524 sterftes is vanjaar in meer as 12 Afrika-lande aangemeld, wat meer is as verlede jaar.