Thailand se premier deur hof verwyder

Thailand se Konstitusionele Hof het eerste minister, Srettha Thavisin, uit sy pos verwyder omdat hy die grondwet oortree het. Die hof het bevind Srettha het etiese reëls oortree toe hy die prokureur, Pichit Chuenban, in die kabinet aangestel het al was hy voorheen in die tronk. Hy het dus nie aan etiese standaarde voldoen nie. Pichit was in 2008 ses maande in die tronk vir minagting van die hof nadat hy amptenare in die Hooggeregshof wou omkoop in ʼn grondsaak waarby Thavisin betrokke was. Die kabinet bly aan as opsigter tot die Parlement ʼn nuwe eerste minister aanstel.