Klaringsagente wie nie hernu het nie, se lisensies opgeskort

Die Namibiese Inkomstediens, NamRA, het die opskorting van lisensies aangekondig vir klaringsagente wat versuim het om hul lisensies vir vanjaar te hernu. Klaringsagente moet hul lisensies voor die einde van elke kalenderjaar hernu, soos gespesifiseer in artikel 73 van die Doeane- en Aksynswet. Agente wie se lisensies opgeskort is, sal ‘n grasietydperk kry om hul lisensies te hernu, tot 13 September. Tonateni Shidhudhu, NamRA se bestuurder vir strategiese kommunikasie en belanghebbendes, gee meer inligting.